Stigterspresident Sam Nujoma sterf op 95
Stigterspresident Sam Nujoma is net voor middernag oorlede na drie weke se hospitalisasie in die hoofstad. President Nangolo Mbumba het die aankondiging net voor vyf vanoggend by staatshuis gemaak.
Nujoma is op 12 Mei 1929 gebore. Hy was die stigterslid en die eerste president van Swapo in 1960 wat voor dit bekend was as Owambo Peoples’ Organisation. Hy het 'n belangrike rol gespeel as leier van die nasionale bevrydingsbeweging in die veldtog vir Namibië se politieke onafhanklikheid van Suid-Afrikaanse bewind. Hy was vir drie termyne president van die land, vanaf onafhanklikheid in 1990 tot 2005.