Beatrice Masilingi wen binnenshuise 200m met rekord
Namibië se ster-atleet Beatrice Masilingi het ‘n nuwe nasionale binnenshuise rekord in die 200 meter-naelloop opgestel by die Tampere-binnehuisbyeenkoms in Finland. Sy het die item op die moeilike kort baan van net 200 meter met skerp draaie gemaklik gewen in ‘n tyd van 23,54 sekondes. Sy het ook die tweede plek in die 60 meter-wedloop losgeslaan.