Kommer oor SA staalsektor na Trump se opmerkings
Die Vereniging vir die Staal- en Ingenieursbedryf van Suider-Afrika is bekommerd oor die moontlike negatiewe uitwerking van die Amerikaanse president Donald Trump se onlangse opmerkings oor Suid-Afrika, veral op die sektor. Die federasie lig die risiko uit vir uitvoere, wat insluit gespesialiseerde ingenieursprodukte, en afhanklikheid van Amerikaanse sagtewarestelsels. Seifsa moedig sakeleiers aan om beleggers gerus te stel en doen ‘n beroep op die regering om beleidsekerheid te versterk en buitelandse belegging in die land se ekonomie te beskerm.