Hardap verby 20% vol na goeie reën

Goeie neerslae in die opvanggebied het die belangrike Hardapdam verby 20 persent van kapasiteit gelig. Die dam was gister teen 8-uur 18,3 persent vol, en het vanoggend om 8-uur op 20,7 persent gestaan. Water vloei steeds in teen 120 kubieke meter per sekonde. Die dam is deurslaggewend vir die groenskema en melkplaas, en lewer ook water aan Mariental. Die inloop by ander damme is nog nie bekend nie.