Engelse paartjie kry hond terug na 7 jaar
‘n Paartjie van Norfolk, Engeland is met hulle hond herenig nadat sy sewe jaar gelede uit hulle tuin gesteel is. Rita en Philip Potter sê dit was soos ‘n “droom wat waar geword het” om Daisy, hulle Labrador te sien nadat die Britse Dierebeskermingsvereniging haar mens-familie opgespoor het deur haar mikroskyfie. Dit blyk die 13-jaar-oue Daisy is vir onwettige telery gebruik en sy sukkel met verskeie gesondheidsprobleme. Die Potters sê egter hulle sal seker maak dat sy vir die res van haar lewe die liefde en aandag kry wat sy verdien.