Dricus behou titel, breek Strickland se neus

Gemengde gevegskuns: Dricus du Plessis van Suid-Afrika het sy UFC middelgewig-wêreldtitel suksesvol verdedig teen Sean Strickland van Amerika. Du Plessis het in Januarie verlede jaar die titel by Strickland afgevat. Die beoordelaars het eenparig die geveg in Du Plessis se guns beslis, met tellings van 50 – 45, 50 – 45 en 49 – 46. Du Plessis het na die geveg gesê hy het Strickland probeer uitslaan maar hy is ‘n dier. Strickland se neus is wel gebreek.