Alcaraz in Rotterdam eindstryd teen De Minaur
Tennis: Carlos Alcaraz het deurgedring na die eindstryd van die Rotterdam Ope met ‘n oorwinning in drie stelle oor Hubert Hurkacz. Die Spanjaard wat derde op die wêreld ranglys is, het hardnekkige weerstand deur die Poolse speler oorkom met ‘n oorwinning van 6-4, 6-7, 6-3. Na die wedstryd het Alcaraz gesê hy wil die eerste Spaanse speler wees om die Hollandse toernooi te wen. Alcarez speel vandag in die eindstryd teen Australië se Alex de Minaur. De Minaur het in die eerste semifinaal op Saterdag die segetog van Italiaanse kwalifiseerder, Mattia Bellucci beëindig met ‘n oorwinning van 6-1 en 6-2.