ActionSA-leier kap Trump se bevel oor SA

Die leier van ActionSA Herman Mashaba kritiseer die Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel oor Suid-Afrika. Hy sê Trump het geen mag om Suid-Afrika se beleid voor te skryf of namens Suid-Afrikaners te onderhandel nie. Die bevel verwys die land se grondonteieningsbeleid en beweerde menseregtekwessies. Mashaba bevraagteken die akkuraatheid van Trump se aansprake en vermoed dis op waninligting gebaseer. Mashaba voeg by dié wat voel daar word teen hulle gediskrimineer kan Trump se hervestigingsaanbod oorweeg, maar beklemtoon die land se sowereiniteit in die hantering van sy interne uitdagings.