Trump vries hulp aan SA
Amerikaanse president Donald Trump het hulp aan Suid-Afrika bevries. In ‘n uitvoerende bevel wat Vrydag onderteken is, het Trump gesê die Onteieningswet toon ‘n “skokkende miskenning” van burgers se regte en sal die regering toelaat om grond van etniese minderheid-Afrikaners sonder vergoeding te gryp. Suid-Afrika het ook “aggressiewe standpunte” teenoor die VSA en sy bondgenote ingeneem, insluitend die beskuldiging van Israel van volksmoord by die Internasionale Geregshof en die bevordering van betrekkinge met Iran, sê Trump in die bevel. Volgens die bevel sal sy administrasie die hervestiging van Afrikaners bevorder “wat die regering-geborgde rasgebaseerde diskriminasie ontsnap”.