OR Tambo Afrika se besigste lughawe
Die OR Tambo Internasionale Lughawe is onder die top tien besigste lughawens in die Midde-Ooste en Afrika, volgens die Amptelike Lugdiens-gids se globale lugrederyskedules vir 2024. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika berig meer as 12-miljoen geskeduleerde sitplekke is op OR Thambo ingeneem en daar was 17,8-miljoen passasiers gedurende die boekjaar. Daar was meer as 204 000 vliegtuigbewegings op die lughawe en data dui aan OR Tambo bly Afrika se besigste lughawe en dien as ‘n belangrike spilpunt vir handel, konnektiwiteit en ekonomiese groei.