Namibië vroue verloor in Binnenshuise Hokkie Wêreldbeker-kwarteind

Namibië se geskiedkundige lopie by die Binnenshuise Hokkie Wêreldbeker-toernooi is op ‘n einde. Die vrouespan, wat vir die eerste keer ooit deurgedring het na die kwarteindrondte, is met 5 – 1 verslaan deur Oostenryk. Die mansspan het in hulle laaste groepwedstryd naelskraps met 6 – 7 verloor teen België. Hulle gaan dus nie deur na die kwarteindrondte nie.