Meer as 100 giftige slange in komposhoop in Sydney gevind
Australiese reptielhanteerders was verstom toe hulle op 102 giftige slange in ‘n komposhoop in Sydney afkom. Cory Kerewaro en sy kollega het 40 rooipens-swartslange ontdek, met vier van die slange wat geboorte aan nog kleintjies gegee het nadat hulle in ‘n verwyderingsak geplaas is. Die rooipens-swartslang is een van die algemeenste giftige spesies in Australië, maar daar is geen rekords van menslike sterftes nie. Die vyf volwasse en 97 babaslange is tans onder kwarantyn en sal in ‘n nasionale park vrygelaat word sodra die weer koeler is.