Kontant, berading help met TB-behandeling
ʼn Nuwe studie toon tuberkulose-pasiënte wat kontantaansporings en berading ontvang se kans dat hulle behandeling misluk, is 52-persent laer. Die studie wat by nege klinieke in Johannesburg uitgevoer is, was onder leiding van dokter Harry Moultrie van Suid-Afrika se Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en Wits-professor, Nazir Ismail. Ismail sê die studie het ook getoon dat individue wat gediagnoseer word maar nie terugkeer vir behandeling nie, het van 15,8-persent tot 3,9-persent gedaal.