Indiese leier eerste Brics-lid om Trump te ontmoet
Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, sal volgende week vir president Donald Trump ontmoet tydens ‘n reis na die Verenigde State. Hy sal die eerste lid van BRICS wees om Trump te ontmoet sedert sy terugkeer na die Withuis. Modi se kantoor sê die besoek bied ‘n waardevolle geleentheid om die nuwe administrasie op alle gemeenskaplike vlakke te betrek. Modi was verlede maand een van die eerstes wat sy “dierbare vriend” Trump gelukgewens het met sy inhuldiging en gesê het hy wil hê Nieu-Delhi en Washington moet nou saamwerk.