Dricus, Strickland beloof epiese geveg
Gemengde gevegskuns: Suid Afrika se vegter Dricus du Plessis sien daarna uit om weer Sean Strickland se tjank af te trap. Du Plessis verdedig sy UFC-middelgewig wêreldtitel in ‘n herontmoeting met die Amerikaner Sondag omstreeks vyf-uur die oggend, Suid-Afrikaanse tyd, in Sydney. Du Plessis is vasberade om te bewys sy oorwinning teen Strickland in Januarie verlede jaar was nie ‘n vloekskoot nie. Beide Du Plessis en die voormalige titelhouer Strickland het op Vrydagoggend se nuuskonferensie die skaal op 185-pond te staan gebring.