Totale diamantproduksie sak 4% in 2024February 8, 2025
Namibië het verlede jaar 2 234 miljoen karaat ongeslypte diamante geproduseer, ‘n afname van 4 persent vanaf 2023. Volgens De Beers se jongste syfers het Namdeb se jaarlikse produksie met 30 persent tot 609 miljoen karaat geklim. In die vierde kwartaal het Namdeb ‘n toename van 44 persent in produksie tot 189 miljoen karaat aangeteken. Debmarine Namibia se produksie vir 2024 het met 13 persent gesak tot 1 625 miljoen karaat. In die vierde kwartaal het Debmarine ‘n afname van 9 persent in produksie tot 395 miljoen karaat aangeteken. In totaal het Namibië se produksie in die vierde kwartaal met 3 persent gestyg tot 584 miljoen karaat, toegeskryf aan hoërgraad mynbou by Namdeb.