AgriSA pleit vir kalmte oor Onteieningswet
AgriSA waarsku teen waninligting rakende die Onteieningswet, en verduidelik daar was nog geen beslagleggings of onteiening sonder vergoeding nie. Die organisasie gee die versekering privaat eiendomsreg word steeds in die Grondwet beskerm. Hulle versoek die regering om grond in staatsbesit vir opkomende boere vry te stel om groei in landbou te bevorder. Die uitvoerende hoof van AgriSA, Johann Kotzé, sê ondanks politieke onsekerheid bly die landbousektor gefokus op groei en boere is daartoe verbind om voedsel te vervaardig en die ekonomie te ondersteun.