Washington-vlugramp: Veiligheidstelsel op Black Hawk was af

‘n Belangrike veiligheidstelsel was afgeskakel op die Black Hawk-helikopter wat met ‘n American Airlines verlede week gebots het. Ted Cruz, voorsitter van die Senaat se Handelskomitee, sê die kelikopter het sy outomatiese afhanklike toesiguitsending, wat vir militêre vliegtuie toegelaat word, afgeskakel. Dit was ‘n opleidingsvlug, so daar was geen veiligheidsrede waarom dit af was nie. Dit is ‘n gevorderde tegnologie om die ligging van die vliegtuig op te spoor. Die helikopter was ook sowat 100 voet oor die maksimum wat vir daardie roete toegelaat word.