Trump se Strafhof-bevel is roekeloos en venynig
Amnestie Internasionaal sê die Amerikaanse president, Donald Trump, se uitvoerende bevel wat ekonomiese sanksies instel teen die Internasionale Strafhof is roekeloos en venynig. Die bevel stel die bevriesing van bates en ‘n reisverbod in teen die hof se personeel wat betrokke was by pogings om Amerikaanse burgers te ondersoek of te vervolg, asook teen sekere bondgenote soos Israel. Amnestie Internasionaal sê instellings soos die Strafhof is nou nodiger as ooit om die beskerming van menseregte te bevorder, toekomstige wreedhede te voorkom en geregtigheid vir slagoffers te verseker.