Trump gedagvaar oor sluiting van USAid

Die grootste Amerikaanse vakbond van regeringswerkers en ‘n vereniging van werkers in buitelandse diens dagvaar die Trump-administrasie om sy sluiting van die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling te staak. Trump het op die dag van sy inhuldiging alle Amerikaanse buitelandse hulp opgeskort en bronne beweer teenoor Reuters sy administrasie gaan net minder as 300 USAid-werknemers uit meer as 10 000 behou. Die hoof van USAid, John Atwood, sê die grootskaalse afdanking van personeel sal vir alle praktiese doeleindes ‘n agentskap nekomdraai wat gehelp het om miljoene mense regoor die wêreld se lewens te red.