TLU SA soek groei, nie sosialisme

Die landbou-organisasie TLU SA sê Suid-Afrika het reële ekonomiese groei nodig, nie nog sosialisme nie, wat werkskepping vernietig. Die organisasie sê president Cyril Ramaphosa se staatsrede was ‘n teleurstelling omdat hy die ANC se mislukte ideologie herhaal het en politieke speletjies gespeel het. Bennie van Zyl van TLU SA sê as Ramaphosa ernstig is oor groei, sal hy aktief privaat eienaarskap beskerm en beleid stabiliseer om belegging aan te moedig.