Suid-Korea se lughawens kry voëlkameras

Alle Suid-Koreaanse lughawens sal voëlbespeuringskameras en termiese beeld-radars moet installeer, nadat 179 mense in Desember verlede jaar in ‘n lugongeluk dood is. Ondersoekers sê hulle kon bewys ‘n voël het teen die Boeing 737-800 vasgevlieg met vere en bloedvlekke wat op albei enjins gevind is. Die ministerie van Grondsake het gesê voëlbespeurings-radars sal by alle lughawens geïnstalleer word met ten minste een termiese-beeld-kamera per lughawe. Gebiede wat voëls lok, soos vullishope wat te naby aan lughawens is, moet verskuif word.