Springbok duurste dorp vir kos in SA
‘n Opname deur die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group het aangedui Springbok in die Noord-Kaap is 2025 se duurste dorp of stad ten opsigte van kospryse. Springbok lei met ‘n kosmandjie van 5 773 Suid-Afrikaanse rand. Johannesburg is tweede op 5 507-rand, met Durban op 5 451-rand en Kaapstad met 5 368-rand. Die ondersoek het die pryse van 44 noodsaaklike items ontleed en beduidende streeksverskille in voedselbekostigbaarheid regoor die land uitgelig.