So lyk dinge by Ruacana…February 7, 2025

Die Kunene se vloei by die Ruacana-hidroëleketriese aanleg is tans op 282,1 kubieke meter per sekonde gemeet, laer as verlede jaar se 316, maar, die voorspellings vir reën in die rivier se opvangsgebied oor die volgende week vertoon baie goed. Die Oranje sukkel nog met Sendelingsdrif wat net op 0,18 meter staan en Blouputs op 0,35, bietjie meer as ‘n lineaal. In die noorde is die Zambezi by Katima Mulilo op 0,87 meter, laer as verlede jaar maar, die Okavango by Rundu vertoon steeds goed op 5 meter by Rundu.