Rhino Momma-projek juig oor omgewingsmisdaadhof
Die land se eerste gespesialiseerde omgewingsmisdaadhof in Otjiwarongo het ten doel om wild- en omgewingsmisdade doeltreffender te bekamp. Die hof vorm deel van die Nasionale Natuurlewebeskermingstrategie. Spesiale wildmisdaadhowe het ook verlede jaar in Oshakati, Rundu en Katima Mulilo. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jaco Muller van die Rhino Momma-projek, wat die hof verwelkom.