Rassebeleid moet voor G20 laat vaar word – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit doen ‘n beroep op die regering om sy rassebeleid voor die G20-beraad in Johannesburg in November aan te spreek. Dit volg nadat die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, aangekondig het die G20 ministeriële beraad sal geboikot word oor hoe Suid-Afrika diversiteit, gelykheid en inklusiewe beleide gebruik as sleutelkwessies. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê die rassebeleid benadeel buitelandse betrekkinge en beleggings en hulle sal hul beywer vir die verwydering daarvan: