Opknapping van Katutura-hospitaal, 10 maande later, steeds in limbo
Plaaslike media berig dat die opknapping van die Katutura-hospitaal, 10 maande na daar 40 miljoen Namibiese dollar opsy gesit is daarvoor, nog nie begin het nie. Die werke-ministerie moet nog ‘n konsultant aanstel om die teaters te ontwerp. Volgens The Namibian word toerusting van die Sentrale Hospitaal vervoer om operasies in die vervalle teaters uit te voer. Lugversorgers is ook in sommige teaters stukkend. Die hospitaal se superintendent dr. Nelago Amagulu het die toestande as uiters ongunstig beskryf.