Ngidi, Shamsi in Protea-groep teen Nieu-Seeland
Krieket: Die witbal-afrigter van die Proteas, Rob Walter, het die ervare spelers, Lungi Ngidi en Tabraiz Shamsi, in die groep ingesluit wat Maandag in Pakistan teen Nieu-Seeland speel in die eerste wedstryd in die driehoekige eendagreeks. Ses nuwelinge is vroeër ingesluit terwyl verskeie groot name weggelaat is voor die Kampioenetrofee, wat op die 19de in Pakistan begin. Die groep vir die res van die driehoekige reeks word Sondag bekendgemaak, na môre se eindstryd van die SA20 tussen MI Cape Town en Sunrisers Eastern Cape.