Namibië ‘sal in DRK gaan veg as vereis’

M23-rebelle en geallieerde Rwandese magte het ‘n nuwe offensief in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo geloods en het onlangs op die myndorp Nyabibwe in die Suid-Kivu-provinsie beslag gelê. Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het vredesmagte in die Kongo maar Namibiese soldate vorm tot nog toe nie deel daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Charles Mubita, Swapo-veteraan en oud PLAN-vegter, wat verduidelik.