Minimumloon veroorsaak glo verminderde werksure

Sommige werkers rapporteer dat sedert die minimum loon ingestel is, hul werksure verkort is. ‘n Veiligheidswag, wat veronderstel is om die sektor se minimum loon van 13 Namibiese dollar 50 sent per uur te kry, sê hul skofte het van 12 uur na 6 per dag verander. ‘n Deli-werker in Tsumeb sê hulle werksure is van 12 tot 8 verminder, en werksdae van 22 tot 14. Werk op openbare vakansiedae en Sondae word ook nie meer as oortyd beskou nie. Ekonome het gewaarsku dat dit kan gebeur want sommige werkgewers sal sukkel om die minimumloon te bekostig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van Tucna.