Liverpool pak Newcastle in Carabaobeker-eindstryd
Sokker: Die verdedigende kampioen, Liverpool, het sy plek in die eindstryd van die Carabaobeker-kompetisie bespreek. Cody Gakpo, Mohamed Salah, Dominik Szoboszlai en kaptein Virgil van Dijk se doele het die Reds ʼn sege van vier-nul oor Spurs besorg in die tweede wedstryd van die halfeindronde op Anfield. Liverpool speel op 16 Maart op Wembley teen Newcastle, wat Arsenal vier-nul verslaan het in hul twee halfeind-kragmetings. Liverpool se afrigter, Arne Slot, sê dis spesiaal om sy eerste eindstryd met die span te bereik.