Jou bees se galstene is baie meer werd as die vleis

Die Namibiese Landbou-unie sê Brasilië het ‘n nuwe landbou-uitvoermark ontwikkel – die verkoop van beesgalstene aan Hongkong en ander Asiatiese markte. Volgens die Wall Street Journal is dit twee keer soveel werd as goud. In die Ooste word dit gemeng in pil vorm wat blykbaar beroertes teenwerk. Hongkong se invoere van beesgalstene het in 2023 amper verdriedubbel in waarde tot 218,4 miljoen Amerikaanse dollar. Die kastanjebruin stene word as die suiwerste beskou en behaal tot 4 000 Amerikaanse dollar per ons. Dit beteken ‘n enkele galsteen kan meer werd wees as al die vleis op ‘n bees.