Josh Allen NFL se ‘waardevolste speler’
Amerikaanse voetbal: Buffalo Bills se agterspeler, Josh Allen, het die eerste keer die NFL se toekenning vir waardevolste speler gewen op die prysuitdeling in New Orleans. Die 28-jarige het sy span gelei na ‘n oorwinningsrekord van 13-4 en ‘n vyfde agtereenvolgende AFC East-titel. Washington Commanders se agterspeler, Jayden Daniels, is aanvallende nuweling van die jaar en Joe Burrow van Cincinnati Bengals die beste speler wat vanjaar ‘n terugkeer gemaak het. Allen sê hy is deel van ‘n spesiale span.