Florin nader hoogste hof vir parool

Thomas Florin, wat in 1998 skuldig bevind is aan moord op sy vrou, Monika Florin, in Swakopmund en dat hy haar oorblyfsels gekook het, het in die Hooggeregshof appèl aangeteken teen ‘n hoërhofbeslissing dat sy saak vir parool onder die Wet op Korrektiewe Diens van 2012 val. Florin is in Desember 1999 tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Ingevolge die 2012-wet moet lewenslange gevangenes minstens 25 jaar uitdien voordat hulle vir parool oorweeg kan word. Florin voer aan dat hy sy misdade onder die vorige wet gepleeg het, en ingevolge daardie wet vir parool oorweeg moet word. Die Staat hou vol dat die wet wat van krag was ten tyde van vonnisoplegging, nie die tyd van die misdaad nie, die geskiktheid vir parool bepaal. Met sy vonnisoplegging was die vorige wet van 1959 reeds herroep. Die appèl sal op 5 Maart aangehoor word.