EU waarsku oor Trump se sanksies teen Internasionale Strafhof
Die EU waarsku sanksies op die Internasionale Strafhof bedreig sy onafhanklikheid en die breër regstelsel. Dit volg nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, die hof gestraf het oor sy ondersoeke na Amerika en Israel. Hy het bates bevries en ʼn reisverbod opgelê teen Strafhof-amptenare, werknemers en hul familielede, asook enigiemand wat moontlik die hof met sy ondersoeke bygestaan het. Die hoof van die Europese Raad wat die 27 lidlande van die EU verteenwoordig, Antonio Costa, het op X geskryf die sanksies van die Internasionale Strafhof ondermyn die internasionale strafregstelsel in die geheel.