Dagboek 15 Februarie, ons herdenk die ietermagô

Wêreld Ietermagô-dag word vanjaar op 15 Februarie by Das Bos en Yellowstone Trails gevier. Dit is net meer as ‘n week weg en val vanjaar saam met Valentynsdag. Verskeie familie-vriendelike aktiwiteite sal aangebied word asook musiek deur die Ells en ander groepe. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kelsey Prediger, die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, wat meer inligting gee.