Beshuisingsagterstand van 620 000 in die Kaap

Die LUR vir Infrastruktuur in die Wes-Kaap Tertius Simmers sê die provinsie het ‘n behuisingsagterstand van omtrent 620 000 huishoudings, meesal in Kaapstad. Dit is weens die vinnige bevolkingstoename en ‘n gebrek aan bekostigbare behuising. Intussen sê Sindisiwe Ngxongo van die Departement van Menslike Nedersettings ‘n behuisingsprojek in Macassar sal na verwagting 2 469 gedienste persele oplewer, met die totale koste van die projek wat beraam word op 1 miljard Suid-Afrikaanse rand: