Alcaraz, Tsitsipas en De Minaur deur na kwarteindronde in Rotterdam
Die top-gekeurde Carlos Alcaraz het die Rotterdam Ope in Nederland se kwarteindronde gemaklik gehaal en is steeds op koers om sy eerste binnenshuise trofee op te raap. Die Spanjaard het die Italiaanse kwalifiseerder, Andrea Vavassori verslaan om sy 42ste toervlak-kwarteindronde te bereik. Stefanos Tsitsipas van Griekeland het ʼn wedstrydpunt afgeweer en was ʼn stel agter, maar het teruggeveg en die Nederlander, Tallon Griekspoor geklop. Verlede jaar se naaswenner, Alex de Minaur van Australië, en die Spanjaard Pedro Martinez is ook deur.