Zim-president vra dringende skietstilstand in DRK

Zimbabwe se president en voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Emmerson Mnangagwa, vra ‘n dringende skietstilstand in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit volg op berigte dat Rwandees-gesteunde rebelle nog ‘n dorp naby Bukavu oorgeneem het ondanks die vorige aankondiging van ‘n skietstilstand. Swaar gevegte duur voort met Goma steeds onder die beheer van M23-rebelle. Mnangagwa se versoek kom voor die komende naweek se spitsberaad van die SAOG en die Oos-Afrika-gemeenskap in Tanzanië.