Wallabies soek weer nuwe afrigter
Rugby: Die hoofafrigter van die Wallabies, Joe Schmidt, tree na die Rugbykampioenskap in Oktober vanjaar uit. Australië het aangekondig hulle begin onmiddellik soek na ʼn opvolger. Die oorspronklike kontrak met die 59-jarige Nieu-Seelander sou vroeg in Augustus na die toer van die Britse en Ierse Leeus verstryk. Die Wallabies soek nou na hulle vyfde afrigter in ses jaar na die vertrek van Michael Cheika, Dave Rennie, Eddie Jones en Schmidt. Hierdie een moet hulle tot by 2027 se Wêreldbekertoernooi neem, wat Australië aanbied.