Verkragting, seksuele geweld loop oop in Haïti February 6, 2025
Minstens 5 620 mense is die afgelope jaar in Haïti dood en meer as 2 200 beseer weens die gewapende bendes wat groot dele van die land beheer. Dit is volgens ʼn nuwe verslag van die Verenigde Nasies. Die verslag toon die polisie het in 2024 meer as 250 mense tereggestel. Die afgelope kwartaal is minstens 94 gevalle van verkragting en seksuele uitbuiting aangemeld. Die VN sê meer as ʼn miljoen mense is ontheem, daarom is dringende internasionale ingryping nodig om die land te bestendig.