Reën op pad na damme se opvanggebiede: kennerFebruary 6, 2025

Volgens weerkenners gaan die huidige reën oor dele van die land beslis nog ‘n ruk aanhou. ‘n Hoogdrukstelsel oor die land is besig om te verswak en wes te skuif, wat vogtige lug toelaat om oor die land in te kom. Die voorspelling is dat meer streke reën kan begin verwag. Vooruitsigte vir reën vir die volgende week, ook oor die groot damme se opvanggebiede, lyk volgens weerkenner en suideboer George van der Merwe uiters belowend.