Raad om wanbetaling op skuld te verhoed 

Finansiële probleme kan voortspruit uit verskeie faktore, insluitend onverwagte uitgawes, ekonomiese afswaai en oormatige afhanklikheid van krediet. Kosmos 94.1 Nuus berig weekliks oor die miljoene wat deur banke in die mosiehof in verstekvonnisse opgeëis word as gevolg van wanbetaling. Onvoldoende begroting en versuim om vir toekomstige uitgawes voor te berei kan lei tot finansiële wanbestuur, terwyl onvoorsiene koste, soos mediese rekeninge of noodherstelwerk, reserwes vinnig kan opgebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eddie King, die krediet-uitvoerende beampte by Bank Windhoek, wat verduidelik wat nodig is om probleme te verhoed.