MTC brei netwerkinfrastruktuur geweldig uit

MTC gaan voort om sy markposisie in Namibië te verstewig met aansienlike beleggings in netwerkinfrastruktuur. In 2024 het sy dekking oor 98 persent van die land gestrek. Hy het sy aantal torings van 1 014 in 2023 tot 1 032 in 2024 vermeerder, wat groter konnektiwiteit en diensbeskikbaarheid regoor die land verseker. ’n Sleutelontwikkeling was die dramatiese uitbreiding van sy veselinfrastruktuur, van 1 187 kilometer in 2023 tot 2 738 kilometer in 2024. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kara van den Heever, ‘n institusionele navorser by Simonis Storm, wat meer inligting gee.