Marcus Stoinis tree uit internasionale eendagkrieket

Krieket: Marcus Stoinis, wat vir Durban’s Super Giants in the SA20 gespeel het, het sy onmiddelike uittrede uit eendag-internasionale krieket aangekondig. Australië moet nou die veelsydige speler in sy span vir die Kampioenetrofee vervang. Die aankondiging is nog ‘n terugslag vir die eendag-wêreldkampioen voor die toernooi die 19de begin. Stoinis het 74 eendagwedstryde vir Australië gespeel en was deel van die span wat die Wêreldbeker in 2023 verower het. Hy sê hy wil hom voortaan op T20s toespits.