M23 loods nuwe offensief in DRK

Rebelle van die gewapende groep M23 en geallieerde Rwandese magte het ‘n nuwe offensief in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo geloods, net dae voordat die Rwandese en Kongolese presidente ‘n krisisberaad sou bywoon. Na ‘n wapenstilstand wat hulle eensydig verklaar het, het M23-vegters en Rwandese troepe op die myndorp Nyabibwe in die Suid-Kivu-provinsie beslag gelê en hul opmars na die provinsiale hoofstad, Bukavu, hervat. Die VN se Menseregteraad sal môre ‘n spesiale sitting oor die krisis belê, op versoek van die DRK.