Kongolese burgers eis optrede in DRK deur EU
Kongolese burgers het ʼn optog na die Europese Unie se kantoor in Pretoria gelei. Hulle eis dringende ingryping om die bloedbad in die Demokratiese Republiek die Kongo te beëindig. Die groep het ʼn versoekskrif oorhandig waarin hulle eis dat die EU streng optree teen die Rwandese regering wat volgens hulle die konflik aanblaas. Die optog se sameroeper, Gilbert Kongolo, het aan eNCA gesê die voortslepende geweld het ‘n verwoestende uitwerking op burgerlikes in die streek.