Swapo se korrupsie hou nie op nie: Henk MudgeFebruary 6, 2025
‘n Miernes is weer oopgekrap na Job Amupanda regter Shafimana Ueitele (Shafiemaana Oeitêlê) se grondbelasting-kwytskelding aan die groot klok gehang het. Die feit is dat nie net die regter nie, maar verskeie hooggeplaastes wat groot geld verdien, regstellende aksie-lenings vir plase gekry het. Hierdie lenings is eintlik geskep vir voorheen benadeelde burgers wat arm is. Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, sê Swapo se korrupsie hou nie op nie.