Gaza: Withuis praat anders as Trump
Donald Trump se uitlatings oor die toekoms van Gaza ontlok steeds hewige reaksie van Amerikaanse bondgenote sowel as teenstanders. Volgens Sky News het Navo-lid Turkye ook Trump se idee as onaanvaarbaar beskryf, terwyl Palestyne dit veroordeel en absurd noem. Intussen het die Withuis se perssekretaris Karoline Leavitt by ‘n perskonferensie teruggeroei oor Trump se voorstel dat Gaza-inwoners hervestig moet word, asook dat Amerika die gebied met die weermag kan beset. Sy het sy woorde verander na tydelik hervestig. Luister self.