Fishrot-verhoor weer gestuit en uitgestel

Die Fishrot-verhoor het weer nie vandag begin nie maar die keer was dit nie as gevolg van vertragings wat deur die beskuldigdes en hulle talle aansoeke veroorsaak is nie. Die regter, Moses Chinhengo was weer nie, nes Dinsdag, beskikbaar nie. Die saak is uitgestel tot 11 Februarie. Die sogenaamde verhoor van die hoë-profiel verdagtes begin die publiek frustreer omdat dit net nie uit die blokke kom nie.